top of page

WIE IS ONS

Web banners For Slide show.jpg

ABOUT US

Pieter van Heerden het die eerste VAN HEERDEN APTEEK 30 jaar gelede in Bela Bela (Limpopo) geopen. Vandag is daar 18 Van Heerden apteke in Limpopo, Gauteng en Mpumalanga.

Die Van Heerden-groep is deel van die SCRIPT SAVERS-netwerk en is 'n voorkeurverskaffer vir die meeste mediese fondse. Hierdeur word die onnodige kostes vir kliënte beperk en verseker dat hul voordele langer hou.

Ons aptekers help ook met chroniese magtigings - dit verseker dat die kliënte se daaglikse voordele langer hou.

Die Van Heerden-groep het tien volledig toegeruste klinieke wat primêre gesondheidsorg bied, 'n babakliniek en gesondheidsassesserings om maar net 'n paar te noem.

Ons bied ook aflewerings- en telefoniese besteldienste aan, sowel as die vooraf verpakking van chroniese medikasie, omdat ons weet hoe kosbaar u tyd is.

Verdien MyBucks met ons lojaliteitsprogram in samewerking met MyBonus.

2.jpg
3.jpg
bottom of page